Die Woord vir Saterdag 26 Julie 2025
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Jesaja 40:30-31
Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.
1 Korintiërs 9:24
Bybeltekste Bybel in Afrikaans (C) Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling) met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. https://www.bybelgenootskap.co.za/