Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

"Die Woord" van bible2.net - twee aanvullende Bybeltekste vir elke dag van die jaar

  • for your daily Bible reading: two verses complement each other
  • display God's word on your website
  • read God's word in dialects

Die Woord vir Woensdag 15 Mei 2024

Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels.

Psalm 85:10-11

Jesus sê:

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Johannes 14:6

Psalm 85

9 Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie.
10 Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar.
11 Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels;
12 trou sal uit die aarde uit opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom.

Johannes 14

5 Tomas sê toe vir Hom: "Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?"
6 Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
7 As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom."

"Die Woord" van bible2.net

  • vir elke dag van die jaar twee aanvullende Bybelverse
  • goed leesbaar op onderskeidelike reëls gerangskik
  • op die slimfoon, tablet of rekenaar, as e-boek, kalender nota en sluimerskerm
  • asook op u webwerf
  • in meer as 25 tale en Bybelvertalings
  • kosteloos
  • Die Woord is ʼn voorsmaak vir die volledige Bybel. Dis ʼn daaglikse impuls, om God persoonlik te ontmoet!

More About us...