Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Saterdag 19 April 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

U, Here, sal regspreek oor die volke.

Psalm 7:9

Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: "Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele."

Openbaring 16:7

Psalm 7 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

6 mag die vyand my dan agtervolg en inhaal, my in die grond in trap, my tot in die stof in verneder. Sela
7 Kom tog, Here, in u toorn, tree op teen die verwoede aanslag van my teëstanders. Kom my te hulp, U wat bepaal het dat reg sal geskied.
8 Laat al die volke rondom U kom staan; neem hoog bo hulle u plek in op u regterstoel!
9 U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is.
10 Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.
11 God wat die opregtes help, is my beskermer.
12 God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.

Read more...(to top)

Openbaring 16 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

4 Die derde engel het sy bak in die riviere en die waterbronne uitgegooi. Dit het ook bloed geword.
5 Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sê: "U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het;
6 want hulle het die bloed van die gelowiges en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat drink. Dit het hulle verdien."
7 Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: "Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele."
8 Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Daardeur is aan die son die vermoë verleen om die mense met vuur te brand.
9 Die mense is deur 'n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.
10 Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The Lord judges the peoples.

Psalm 7:8

I heard the altar saying, Yes, Lord God the Almighty, true and just are your judgments!

Revelation 16:7

Psalm 7 (English Standard Version)

5 let the enemy pursue my soul and overtake it,
and let him trample my life to the ground
and lay my glory in the dust.
6 Arise, O Lord, in your anger;
lift yourself up against the fury of my enemies;
awake for me; you have appointed a judgment.
7 Let the assembly of the peoples be gathered about you;
over it return on high.
8 The Lord judges the peoples;
judge me, O Lord, according to my righteousness
and according to the integrity that is in me.
9 Oh, let the evil of the wicked come to an end,
and may you establish the righteous—
you who test the minds and hearts,
O righteous God!
10 My shield is with God,
who saves the upright in heart.
11 God is a righteous judge,
and a God who feels indignation every day.

Read more...(to top)

Openbaring 16 (English Standard Version)

4 The third angel poured out his bowl into the rivers and the springs of water, and they became blood.
5 And I heard the angel in charge of the waters say,
“Just are you, O Holy One, who is and who was,
for you brought these judgments.
6 For they have shed the blood of saints and prophets,
and you have given them blood to drink.
It is what they deserve!”
7 And I heard the altar saying,
“Yes, Lord God the Almighty,
true and just are your judgments!”
8 The fourth angel poured out his bowl on the sun, and it was allowed to scorch people with fire.
9 They were scorched by the fierce heat, and they cursed the name of God who had power over these plagues. They did not repent and give him glory.
10 The fifth angel poured out his bowl on the throne of the beast, and its kingdom was plunged into darkness. People gnawed their tongues in anguish

Read more...(to top)