⛶Die Woord vir Woensdag 27 Augustus 2025
Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.
Spreuke 11:24
Help die swakkes.
1 Tessalonisense 5:14
23 Die regverdiges begeer die goeie; vir die goddeloses wag daar net straf. |
24 Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. |
25 Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is. |
13 Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar. |
14 Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig. |
15 Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense. |
2025-05-31 | Wanted: Editors for Irish Gaelic, Romanian, Vietnamese |
2025-01-08 | eBooks for The Word 2025 |
2025-01-08 | The Word 2025 for Greek Available! |