Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Dinsdag 8 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal of die een minder ag en die ander een hoër, of vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Lukas 16:13

As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Johannes 12:26

Lukas 16 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

10 "Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.
11 As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou?
12 As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?
13 "Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal of die een minder ag en die ander een hoër, of vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."
14 Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag.
15 Hy sê toe vir hulle: "Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
16 "Tot op Johannes was dit net die wet en die profete. Van toe af word die koninkryk van God verkondig, en elkeen probeer so hard as hy kan om daar in te kom.

Read more...(to top)

Johannes 12 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

23 Daarop sê Jesus vir hulle: "Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.
24 Dít verseker Ek julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.
25 Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.
26 As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
27 "Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur.
28 Vader, verheerlik u Naam!" Toe het daar 'n stem uit die hemel gekom: "Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik."
29 Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag was. Ander het gesê: "'n Engel het met hom gepraat."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

No servant can serve two masters, for either he will hate the one and love the other, or he will be devoted to the one and despise the other. You cannot serve God and money.

Luke 16:13

If anyone serves me, he must follow me; and where I am, there will my servant be also. If anyone serves me, the Father will honor him.

John 12:26

Lukas 16 (English Standard Version)

10 “One who is faithful in a very little is also faithful in much, and one who is dishonest in a very little is also dishonest in much.
11 If then you have not been faithful in the unrighteous wealth, who will entrust to you the true riches?
12 And if you have not been faithful in that which is another's, who will give you that which is your own?
13 No servant can serve two masters, for either he will hate the one and love the other, or he will be devoted to the one and despise the other. You cannot serve God and money.”
14 The Pharisees, who were lovers of money, heard all these things, and they ridiculed him.
15 And he said to them,
“You are those who justify yourselves before men, but God knows your hearts. For what is exalted among men is an abomination in the sight of God.
16 “The Law and the Prophets were until John; since then the good news of the kingdom of God is preached, and everyone forces his way into it.

Read more...(to top)

Johannes 12 (English Standard Version)

23 And Jesus answered them,
“The hour has come for the Son of Man to be glorified.
24 Truly, truly, I say to you, unless a grain of wheat falls into the earth and dies, it remains alone; but if it dies, it bears much fruit.
25 Whoever loves his life loses it, and whoever hates his life in this world will keep it for eternal life.
26 If anyone serves me, he must follow me; and where I am, there will my servant be also. If anyone serves me, the Father will honor him.
27 “Now is my soul troubled. And what shall I say? ‘Father, save me from this hour’? But for this purpose I have come to this hour.
28 Father, glorify your name.”
Then a voice came from heaven: “I have glorified it, and I will glorify it again.”
29 The crowd that stood there and heard it said that it had thundered. Others said, “An angel has spoken to him.”

Read more...(to top)